Son in Blom

Koop die Son in Blom CD op Kalahari.net

Die Son in Blom album is moontlik gemaak met die samewerking van ons voorste Afrikaanse kunstenaars.  Hulle is elkeen diep deur kanker geraak en het spesiaal ‘n lied geskryf of geskenk om te help met People Living With Cancer se fondsinsameling.

PLWC is ‘n nie-winsgewende organisasie wat net uit kankeroorlewende vrywilligers bestaan.  Dié organisasie beywer hulself om kankerpasiënte te ondersteun deur kanker oorwinnaars aan hulle te voorsien.  Die “Cancer Buddies” staan die pasiënte by en voorsien hulle van raad gedurende diagnose, behandeling en die lewe na die behandeling.  Hulle bedien pasiënte met raad oor emotionele-, regs-, sosiale- en finansiële kwessies.

Die idee vir die album het ontstaan toe Eldré Strydom, vorige eienaar van die Dorpstraatteater, gediagnoseer is met borskanker.  In hierdie tyd het sy met PLWC kontak gemaak.  Sy en haar man, Rohan, wou geld insamel vir hierdie organisasie, asook bewustheid skep rondom kanker.  Saam met hulle goeie vriend, Abel Kraamsaal, het hulle die betrokke kunstenaars se steun gewerf en hierdie hartroerende album aanmekaar gesit.

Die Kunstenaars en geskenkte snit:

1.       Gian Groen                        Boomtop in die herfs

2.       Emile Minnie                       Susterliefde

3.       Abel Kraamsaal                  Vrees

4.       Ryno Velvet                       Ai my lam

5.       Jan Blohm                         Maria Magdalena

6.       Jak de Priester                   Binnelanders

7.       Chris Chameleon                 Sterredank

8.       Gert Vlok Nel                     Een fenomeen (Live)

9.       Lize Beekman                    Sonneblom uit Betlehem

10.     Eugenie Grobler                 Sunflower

11.     Fokofpolisiekar                  Monoloog in Stereo

12.     Lukraaketaar                     Tussen murg en been
Elke kunstenaar is op een of ander manier deur kanker geraak:

Maria Magdelena is ‘n gebed aan Maria, om die ongewone te gee, om die reis mooi te maak.
Jan Blohm

Kanker stel geweldige eise aan ons almal.  Persoonlik, vir dié wat daarmee gediagnoseer word, en in ons samelewing omdat dit ons op wetenskaplike en sosiale gebiede uitdaag.  Hierdie album is nog so ‘n reaksie, dié keer vanaf die kunstenaarskant.  Ek hoop dat dit bemoedigende en genesende plesier verskaf!
Chris Chameleon

Everyday the head of the sunflower tracks the journey of the sun across the sky – like a satellite dish for sunlight.  Wherever there’s light, no matter how weak, these flowers will find it! – (Calendar Girls).  Therefore this is the song – that I want to bring to this project.
Lize Beekman

Ek het die eerste keer die koue realiteit van kanker ervaar met die afsterwe van my broer net na sy 21ste verjaarsdag.  Ek was 19.  Ek was hartseer, bang, deurmekaar, soekend, vraend… en ek voel baie bly dat ek ‘n paar jaar later een van my songs, wat die meeste vir my loopbaan beteken het, kan skenk as bydrae.  Dis dalk net ‘n klein bydrae, maar dit maak my hart lekker voel!
Jak De Priester

Een-fenomeen is ‘n ode aan alleenheid.  Om iets kosbaar te verloor maar te weet jy’s OK op jou eie.
Gert Vlok Nel

Ons was ontevrede met ons lewens, maar besig om ‘n goeie tyd te hê in elk geval.  Die musiek se upbeat, los, happy-go-lucky houding kontrasteer met ons lirieke se treurige gemoedtoestand.  Dis ‘n mengsel van die ekstreme hoogtes en nimmereindigende, duister laagstes van ons alledaagse ervarings.
Fokofpolisiekar

Tussen Murg en Been – Dit handel oor wat ons sien as iets ontasbaar wat vasgemaak is in die weefsel van elke mens.  Jy hoef dit nie iets te noem nie, dis net jy wat sal weet wat dit is.  “Maar dit is nie so eenvoudig nie, want daar is mense hier en ek kan my voete voel nie.”  Dis die gewaarwording van jou eie unieke realiteit.
Lukraaketaar

Al die wins van die verkope word geskenk aan People Living With Cancer, sodat hierdie organisasie hulle vrywilligers kan ondersteun en nuwe vrywilligers kan oplei om die leiding van kankerlyers te verlig.

Koop die Son in Blom CD op Kalahari.net

2 Responses to Son in Blom

  1. trinet van rooyen May 26, 2010 at 4:37 pm #

    is die cd ook beskikbaar in die winkels beskikbaar!

    • Avatar of jana
      jana May 28, 2010 at 5:25 pm #

      Hi Trinet
      Baie dankie vir jou belangstelling in die CD.
      Nee, die Son in Blom CD is nie in die winkels beskikbaar nie. Jy kan dit direk van ons af bestel en dan word dit by ‘n adres van jou keuse afgelewer. Die CD kos R130.00 en dit sluit die koerier koste in. Jy kan die geld direk vir ons inbetaal (sien ons bank besonderhede op ons website (onder Donate) by “http://plwc.org.za/donate/direct-transfer/” . Sodra die inbetaling gedoen is, fax of email die bewys van betaling, asook ‘n naam en adres waar die cd bedags afgelewer kan word, na die nommer of email adres wat jy ook op dieselfde webblad kry. Sodra ons al die besonderhede en bewys gekry het tref ons dadelik die reelings om die cd aan jou te koerier.
      Ons hoop om spoedig van jou te hoor.
      Buddy groete
      Jana.

Leave a Reply