People Living with Cancer » Annamie Carstens

Annamie Carstens
Diagnoses:  Non-Hodgins Limfoom (limfklierkanker)

Volgens die  hospitaalrekords was ek 35 jaar en 7 maande. (Tipies vrou het ek natuurlik nie  ‘n dag ouer as 27 gevoel nie!) Ek is gelukkig getroud met 2 pragtige dogters,  Johané (8) en Annika (3). Ons het alles wat ‘n mens op hierdie ouderdom kan  begeer. Dit was die tyd wat ons regtig kon begin leef en ons lewens, saam met  ons kinders, kon geniet. Dit was MY plan. Maar die lewe neem ‘n mens soms op  snaakse paaie …

Ek het ‘n snaakse  pyn in my linker bors ontwikkel. Die dokter het inflammasie in my  tussenribspiere gediagnoseer en anti-inflammatoriese pille gegee. Die pille het  baie goed gewerk en die pyn was binne 2 dae heeltemal weg. Presies twee weke  later, het dieselfde pyn weer begin. Die dokter het my vir X-strale gestuur. Ek  het nie die terminologie so lekker verstaan nie, maar dalk was dit ook maar  goed. Ek onthou net dat hy gesê het dat die radioloog hom gebel het en dat hy  reeds vir my ‘n afspraak by ‘n torakspesialis gemaak het by Panorama Medi-Clinic  en dat die spesialis vir my wag. Daar was ‘n reusagtige kol, van ongeveer 10cm  in deursnee, op my linkerlong sigbaar.

Eers toe ek buite  die spreekkamer kom, het ek besef dat iets glad nie lekker is nie. Ek het my  man, wat op Stellenbosch werk, gebel en gevra of hy my by Panorama kan ontmoet.  En ek het begin huil. Aldré het niks gevra nie en net gesê hy is oppad. Die  spesialis het my vir ‘n “scan” gestuur. Op daardie stadium het dit gevoel asof  almal so tydsaam is en die gewag by X-strale het soos ‘n ewigheid gevoel. Ek wou  net gehad het dat die ding na ‘n kant toe moes kom. Nadat die spesialis die  “scan” bestudeer het, het hy gesê dat dit ek die volgende dag vir ‘n biopsie  moet kom.

Soos wat ek nou  daaraan terugdink, besef ek hoe mooi my paadjie voor die tyd reeds uitgelê was.  Vandag weet ek dat dit nie toeval was nie, maar wel dat alles so bestem was.  Soos die feit dat my kinders vir die vakansie by my ma-hulle op Kleinmond was en  dit glad nie ‘n probleem was om op kort kennisgewing hospitaal toe te gaan nie.  Ek is van die spesialis terug kantoor toe en het binne ‘n half uur my hele  kantoor uitgesorteer en opdragte gegee oor wie wat moet doen – dit op sigself  was ook ‘n wonderwerk, want dit sou my in ander omstandighede maklik ‘n maand  geneem het om my kantoor uit te sorteer! Van die kantoor af het ek en Aldré in  die kar geklim en Kleinmond toe gery. Ek het net geweet dat ek hierdie boodskap  persoonlik aan my ouers en my kinders moes gaan oordra.

Die nag het ek ‘n  baie duidelike droom gehad. Dit het vir my gevoel asof hierdie droom die hele  nag aanhou. Ek het gedroom dat Aldré kort-kort vir my kom sê van mense wat  gebel, of ge-SMS of op een of ander manier met ons kontak gemaak het en gesê het  dat hulle vir my bid, en so het hy die hele tyd vir my boodskappe van mense  aangedra. Soos wat hy hierdie boodskappe kom gee het, het dit geregistreer op ‘n  groot digitalebord, amper iets soos by die dobbelsale. Hierdie telbord het die  hele tyd meer en meer geword en ek het al hoe meer bewus geraak van die krag van  hierdie gebede. Dit was asof die Here dit nie kon ignoreer nie – Hy moes dit  verhoor. En ek was verstom oor hoeveel van hierdie gebede op die telbord  registreer het en die hele tyd het dit net meer geword!

Die volgende dag,  Woensdag 10 Julie 2002, is ek hospitaal toe vir die biopsie. Dit was op hierdie  stadium wat my droom van die vorige aand begin waar word het, want kort-kort het  iemand gebel of ge-SMS om te sê dat hulle vir ons bid. Ek het aan Aldré gesê dat  ek die presiese gevoel kry wat ek die vorige aand in my droom gehad het. Dit was  ongelooflik om te weet dat daar soveel mense is wat vir ons bid en ek het begin  voel hoe die Here my dra. Teen die aand het die dokter vir ons die uitslag kom  meedeel – dit is ‘n kwaadaardige gewas! Ek weet nie wat ek en Aldré verder  gepraat het nie (en of ons enigsins gepraat het!) en ek weet ook nie wanneer hy  huis toe is nie. Ek was behoorlik in ‘n trans en die pynstillers het genadiglik  hulle werk op daardie stadium goed genoeg gedoen!

Vandag besef ek  dat Aldré seker op daardie stadium deur die moeilikste ure van sy lewe moes  gegaan het, want hy het geen pynstillers vir sy pyn gehad nie! Hy was volkome by  en die implikasie van die dokter se woorde moes ‘n werklikheid vir hom gewees  het – sy vrou het kanker! Hy het ook die moeilike taak gehad om die uitslag aan  ons familie en vriende oor te dra. Ook my ouers moes deur ‘n moeilike tyd gegaan  het, want hulle moes die hele tyd hulle emosies onder beheer gehou het ter wille  van my kinders wat nog daar was en die nuus aan hulle oordra sonder om hulle te  ontstel.

Later die  Woensdagnag in die hospitaal het ek toe my sinne weer bymekaar gemaak en begin  dink. Ek het die nag niks geslaap nie, maar ek het die ongelooflikste kalmte  ervaar. Ek het geweet dat my droom waar geword het en dat daar op daardie  stadium verskeie gebedsgroepe aan die gang was en dat honderde mense vir my bid.  Ek het ook besef dat dit nie ‘n gewone droom was nie, maar ‘n baie duidelike  boodskap van God af en ek het geweet dat die Here my gesond gaan maak. En ek het  nog nie vir ‘n oomblik hieroor getwyfel nie!! Ek het daardie nag besluit dat ek  gesond SAL word. Ek het besluit dat as die dokter vir my sê dat ek 6 maande oor  het om te lewe, sal dit doodeenvoudig beteken dat die wonderwerk groter moet  wees, maar ‘n wonderwerk sal gebeur en ek sal gesond word. Ek het besluit dat ek  ‘n ma is en dat my 2 dogters my nodig het. Ek wil nog eendag my kleinkinders  sien! En ek het ook geweet dat ek deur God die krag sal kry om by my besluit te  bly. Daarvoor het my “scoreboard” met die gebede baie gehelp!

Die diagnose was  dat ek Non-Hodgins Limfoom (limfklierkanker) gehad het. (Dit het later geblyk  dat die aanvanklike pyn niks met die kanker te doen gehad het nie en die gewas  is dus bloot toevallig gediagnoseer. Ek glo dit was so bestem.) Die kanker was  nie versprei nie en is met chemoterapie behandel. ‘n Week na my eerste chemo,  het al my hare uitgeval. Dit het ‘n baie “moderne era” van my lewe geword – ek  het ‘n hoed vir elke uitrusting gehad! In hierdie tyd het ek soveel komplimente  gekry (ek het elke dag gelyk of ek op pad was na die perdewedrenne!) en ek het  baie keer gewonder wat die mense sou sê as ek die hoedjie afhaal en hulle die  kaal koppie sien? Een van die dogtertjies in my jongste se klassie (hulle was  toe 3 jaar oud), het eendag vir my gevra hoekom ek ‘n hoed dra. Ek vertel toe  vir haar dit is omdat ek nie hare het nie. Sy vra toe dat ek vir haar moet wys  hoe dit lyk en ek haal toe maar die hoed af. En toe vra sy vir my: “Are you a  daddy?”

Na 6 chemo  sessies het 20 sessies bestraling gevolg. My onkoloog het my op 18 November 2002  meegedeel dat daar met die laaste “scan” geen teken meer van die kanker was nie.  My bloedtoetse wys ook skoon en volgens hom was ek in volkome remissie. Die  opvolgondersoeke na die tyd wys ek is nog gesond.

Die eerste jaar  nadat ek gediagnoseer is, was die langste jaar in my lewe, maar ook die jaar wat  die grootste inpak op my lewe gehad het. Ek kan vandag saam met soveel ander  kankerpasiënte sê dat ek nie my lewe anders sou wou hê nie. Ek was bevoorreg om  deur hierdie ervaring te gaan. Die moeilikste deel van kanker is om te leer om  daarmee saam te leef. Elke keer as ek ‘n hoofpyn kry, dink ek dadelik dit is  breinkanker – en eers nadat die Panado’s gewerk het, weet ek dit was maar net ‘n  gewone hoofpyn en ek oorreageer. Maar ek is nou baie ingestel op my liggaam en  ek weet van elke pyn wat ek het en ek monitor dit so op my eie. En as iets my  pla, is ek by die dokter. Gewoonlik verstaan hulle ‘n mens se paranoia goed.

Dit is ook vir my  hartseer dat my kinders daarmee moet saam leef. As ek dalk nie lekker voel nie –  soos met ‘n gewone hoofpyn – sal hulle maklik kom vra of ek weer kanker het. Ek  kan dadelik hulle angstigheid aanvoel. Voor elke opvolgondersoek is my senuwees  gedaan en so ook die van die res van my familie. Daar was die dag wat ek my  oudste dogter (toe agt jaar oud) op die bed gekry het terwyl sy bitterlik huil. Uiteindelik  kon ek haar genoeg kalmeer sodat ek kon uitvind wat haar pla. Sy sê toe dat sy  ook kanker het en dat sy gaan doodgaan. Toe ek haar vra waarom sy so dink, toe  wys sy vir my haar haarborsel en sê dat haar hare besig is om uit te val. Dit  was maar net normale haarverlies, maar dit het my groot verduideliking gekos om  haar te laat verstaan dat mamma se hare van die chemo uitgeval het en nie van  die kanker nie en dat sy heeltemal gesond is.

Die diagnose met  kanker het my hele lewe verander. Alhoewel my lewe in ‘n groot mate voortgaan  soos voorheen, het my hele uitkyk op die lewe verander. Ek het my prioriteite  reggekry en ek weet nou wat ek in die lewe wil hê: en dit is nie meer sukses in  my werk en materiële dinge nie, maar eerder kwaliteit tyd saam met my kinders en  my man en om regtig ‘n verskil in die lewe van ander mense te maak. Ek weet nou  wie ek regtig is en waarheen ek op pad is. Alhoewel ek nie graag wil doodgaan  nie, het ek tot ‘n groot mate vrede gemaak daarmee dat ek wel eendag sal moet  gaan. Ek het my vrees vir die dood oorwin.

Die Here het my  gesond gemaak! Ek loof hom daarvoor!

Email : annamie@sataxservices.com