Soos met die 2018 Fees belowe ons dat die 2019 Vries Jou Gat Af Fees net "bigger & better" gaan wees, en sien ons uit daarna om weer die 2018 feesgangers te sien plus 'n klomp nuwelinge. 

Sutherland is nie net die koudste plek in Suid-Afrika nie, dis ook een van die donkerste plekke op die aardbol. Hier is die sterrehemel snags so vry van enige steurende stadsligte as wat die gloedvolle Kaap—sowat 370 km ver—drie en ’n halwe eeu gelede laas moet gewees het. Bedags skarrel wildsbokkies nog altyd soos in lank vergange tye oor die velde… langs die laaste aktiewe vulkaan suid van die ewenaar wat reeds baie millenniums gelede uitgedoof is. Werklik, die kale haaivlakte is nêrens so ongetem en ongeskonde as juis hier nie. Dat die verafgeleë Sutherland in die Hantam-Karoo gekies sou word as die plek vir Afrika se eie reuse-oog op die heelal—en ’n vlagskip vir Suid-Afrika se tegnologiese programme—lyk met die eerste aanblik eenvoudig na ’n flagrante stommiteit. 

Vir meer informasie kontak 082 3341455 of 0826583036

 
 
 
 
Kom sluit aan by ons vir ‘n feestelike naweek gepak met Karoo vriendelikheid, lekker kos en die pragtige sterrehemel. 
— Janie du Plessis, PLWC CEO

Onthou om te gee.
ons kan net doen wat ons doen met julle hulp.

Akkomodasie 

Die Vries jou gat af fees is alombekend en -bemind en akkomodasie in die dorp vir die fees is byna volbespreek. Ons het ’n paar huise vooraf bespreek vir deelnemers aan die Volmaan- Spookloop. Skryf dus dadelik in en kontak ons as jy akkomodasie soek. Wie eerste bespreek kry die akkomodasie, natuurlik. Onthou die fees hou aan vir die naweek, so maak jou bespreking daarvolgens. : info@discoverysutherland.co.za